genoeg vir 1

  • 1 x basiese korsresep
  • 6 groot uie, fyngekap
  • 55 g (60 ml) botter
  • 400 g geblikte aspersies, of vars en in stukke gesny
  • 500 ml gerasperde kaas
  • sout
  • 2 eiers, geklits
  • 250 ml suurroom

Maak kors aan volgens resep en voer ’n losboom-tertpan van 30 cm daarmee uit. Verhit oond tot 180 °C. Braai uie in die botter tot sag. Meng uie met die ander bestanddele en skep in die kors. Bak 30 – 40 minute of tot goudbruin en gestol. Laat afkoel en sit voor.