20 tempura sardientjies

  • 5 ml bakpoeier
  • 125 ml koekmeel
  • 125 ml mielieblom
  • 5 ml sout
  • 1 eierwit
  • sowat 80 ml sodawater
  • 2 blikke (216 g elk) heel sardientjies
  • koekmeel, om sardientjies in te rol
  • 750 ml sonneblomolie

Mayonnaise doopsous

  • 250 ml romerige mayonnaise
  • sap en skil van 1 suurlemoen
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Meng die bestanddele vir die doopsous en geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Meng bakpoeier, meel, mielieblom, sout en eierwit. Voeg genoeg sodawater by om ’n loperige beslag
te vorm. Dreineer sardientjies en rol elkeen in meel. Verhit olie in ’n diep kastrol. Doop elke vissie in die tempurabeslag. Braai tot goudbruin en krakerig. Dit neem sowat 3 – 4 minute. Dreineer op kombuispapier. Sit onmiddellik voor met die doopsous.

Wat is tempura?
Tempura is van Oosterse afkoms – lekker krakerige vleis, vis of groente, in dun beslag gedoop en diepgebraai.