(4 porsies)

  • 25 ml sonneblomolie
  • sowat 30 ml rooikerriepasta
  • 15 ml gerasperde vars gemmer
  • 500 ml klappermelk of klapperroom
  • 1 groot eiervrug, in blokkies gesny
  • 30 ml suiker
  • 60 ml vissous
  • 600 g steurgarnale, dop verwyder
  • 2 rooi brandrissies - gehalveer (opsioneel)

Verhit die sonneblomolie in ’n kastrol en voeg die rooikerriepasta en gemmer by. Voeg die klappermelk by en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en voeg die eiervrug-blokkies by. Kook vir ’n paar minute en voeg die suiker en vissous by. Voeg die steurgarnale by en kook vir 5 minute. Wanneer die steurgarnale pienk word, is hulle gaar. Voeg die brandrissies by. Die gereg is ook heerlik met oorskiethoender in plaas van steurgarnale. Sit voor saam met Basmati-rys.