• 2 eiers
  • 125 g meel
  • 300 ml melk
  • 15 ml korrelmosterd
  • 8 varkworsies
  • 8 snye pancetta of repies spek
  • 45 ml sonneblomolie
  • sowat 6 takkies vars roosmaryn
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Klits die eiers, meel en mosterd goed in ’n mengbak om klonte te voorkom. Geur met sout en swartpeper. Laat rus vir 15 minute. Haal intussen die velle van die worsies af en draai elke worsie toe met pancetta of repies spek. Gooi die sonneblomolie in ’n oondbak van sowat 28 x 21 cm. Dit kan ook ’n kleiner bak wees. Rangskik die worsies in die bak en gooi die melk-beslag oor. Bak in ’n baie warm oond (220 °C) vir sowat 25-30 minute.

Om te drink
Dis Engelse pub-kos: Skink vir jou 'n glas van jou gunsteling bier.