4 porsies

  • 600 g kruisskyf (rump steak)
  • 50 ml olyfolie
  • 4 klein lang wortels
  • 24 klein aspersies
  • 8 stukkies langsteel-broccoli
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 100 ml olyfolie
  • sap van 1 suurlemoen
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Gooi die 50 ml olyfolie oor die steak. Maak ’n riffelpan baie warm. (Hier mag die rook ook maar uit die pan trek.) Braai die steak sowat 3 minute aan weerskante. Haal uit die pan en geur met sout en swartpeper. Laat heeltemal afkoel. Dompel die wortels, aspersies en broccoli in ’n groot kastrol kookwater. Laat letterlik vir net 4 minute kook en gooi deur ’n vergiettes. Gooi die groente in ’n bak. Meng die knoffel, 100 ml olyfolie en suurlemoensap saam. Gooi oor die groente. Sny die biefstuk in dun skywe - so dun soos jy kan. Maak ’n bondeltjie met 1 wortel, 6 aspersies en 2 stukke broccoli vir elke gas en draai dan so 2 skywe van die biefstuk om die groente. Jy kan nou nog van die sous wat oor die groente was, bygooi. Die gereg word koud voorgesit.

Om te drink:
Droë rosé: Solms, Sumaridge, Zorgvliet ... heerlik vars.