• 4 tuna-steaks olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Gooi ’n klein bietjie olyfolie oor die tuna-steaks. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Verhit ’n riffelpan tot baie warm. Braai die tuna aan weerskante vir 2 minute. As jy nie van jou tuna rou hou nie, kan jy dit langer gaarmaak soos jy daarvan hou. Laat dit afkoel en sny die tuna in skywe.

Salsa

  • 250 g kersietamaties
  • 40 ml kappertjiesaad
  • 2 hande vol vars basiliekruid
  • 100 ml olyfolie
  • 15 ml suurlemoensap sout en varsgemaalde swartpeper

Probeer die kleinste tamatietjies kry wat jy kan. Sny dit in kwarte. Kap die kappertjiesaad grof en die basiliekruid fyn. Meng die olyfolie en suurlemoensap. Meng nou al die bestanddele saam en geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Jy kan dit so 2 uur voor etenstyd reeds maak.