genoeg vir 14 appels

• 14 sosatiestokkies

• 14 rooi appels

• 500 g suiker

• 100 g glukosepoeier (kyk by apteek)

• 125 ml water

• 30 g botter

• 10 ml rooi voedselkleursel

Steek ’n sosatiestokkie in elke appel. Plaas suiker, glukose en water in ’n middelslag-pot. Roer oor lae hitte tot suiker opgelos het. Bring tot kookpunt en laat vinnig kook tot die stroop 150 °C meet, sowat 8 – 10 minute (sien wenk onder). Voeg botter en voedselkleursel by en meng met ’n houtlepel tot ingemeng. Doop elke appel versigtig in warm stroop deur die stokkie as handvatsel te gebruik. Plaas op bakpapier wat met kleefwerende kossproei gespuit is. Laat afkoel tot hard.

Wenk

As jy nie ’n suikertermometer het nie, kan jy só toets: Ná 8 minute se kook, laat ’n klein druppel stroop in yswater val. As dit ’n harde balletjie vorm wat soos glas lyk, is dit reg.