(4 porsies)

  • 4 bevrore tongvisse (sorg dat dit ontdooi is)
  • 1 panini-broodjie (of witbrood - sowat 3 snye)
  • 75 g fyn parmesaankaas
  • 4 eetlepels gesmelte botter
  • 2 eetlepels olyfolie
  • ’n hand vol gekapte pietersielie
  • sout en vars gemaalde swartpeper

Kap die pietersielie en panini fyn in jou voedselverwerker. Voeg die parmesaankaas en gesmelte botter by as ’n vulsel. Geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Smeer ’n oondbak met ’n bietjie botter en sit tongvisse in. Druk die vulsel styf bo-op vas. Sprinkel olyfolie oor en bak vir 20 minute in ’n voorafverhitte oond teen 180 °C.

Om te drink:
Rooiwyn soos Cederberg Shiraz is ideaal.