(sowat 35 worsies)

  • 1 kg varkmaalvleis van goeie gehalte
  • 100 ml yskoue witwyn
  • 250 g spek, fyngekap
  • 45 ml gerookte paprika
  • 10 ml sout
  • 4 knoffelhuisies, fyngekap
  • 20 ml cayenne-peper
  • 5 ml fyn komyn
  • 10 ml gedroogde origanum
  • varsgemaalde swartpeper
  • 1 skoon derm (bestel by jou slagter), geweek in koue water

Plaas maalvleis in mengbak. Voeg witwyn en spek by. Meng goed. Voeg paprika, sout, knoffel, cayenne-peper, komyn en origanum by. Meng goed. Geur met swartpeper. Sit 1 cm-tuit sonder ’n patroon aan ’n spuitsak. Ryg soveel derm as wat jy kan op die tuit. Knip derm sowat 5 cm van die tuit af en knoop. Vul sak met maalvleismengsel. Druk mengsel versigtig maar so kompak as moontlik in die derm uit. Draai ná elke 4 cm van gevulde derm die worsie 6 – 8 keer in die rondte om te seël. Herhaal die proses tot die derm opgebruik is. Trek van die tuit af en knoop die punt weer stewig toe. ( Jy kan sowat 4 worsies op een slag maak met ’n standaardgrootte tuit.) Moenie die worsies van mekaar losknip tot jy dit gebraai het nie. Herhaal die proses tot al die maalvleis opgebruik is. Verhit olyfolie in ’n pan en braai worsies sowat 3 – 5 minute per kant of tot goudbruin en gaar. Sit voor met mayonnaise van goeie gehalte.

Wenk
Skaapderm is baie sagter as varkderm en ideaal vir wors wat jy in die pan braai. Vra jou slagter daarvoor. Sit ook die worsies sowat 3 – 4 uur in die yskas voor jy dit braai. Dit sal die geure kans gee om te ontwikkel.