6 porsies

Jy benodig

  • 1 komkommer
  • 300 ml Griekse jogurt
  • 3 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 30 ml vars kruisement, fyngekap
  • 30 ml vars pietersielie, fyngekap
  • 6 sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 100 g swart olywe

Sny die komkommer-ente af en skraap die pitte uit. Rasper die komkommer en plaas vir 30 minute in ’n sif sodat die vloeistof uitloop. Meng alles (nie die olywe nie) en geur met sout en swartpeper. Rangskik die olywe bo-op.