(6 porsies)

  • 8 eiergele
  • 375 ml melk
  • 1 vanieljepeul of 5 ml vanielje-geursel
  • 250 ml room
  • 125 g suiker

Klits eiergele en suiker tot lig van kleur en dik. Sny vanieljepeul oop en krap sade met ‘n mes uit. Plaas dop en sade in die melk. Verhit melk tot net voor kookpunt, verwyder vanieljepeul, gooi die warm melk by eiergeel-mengsel en plaas terug in kastrol. Roer aanhoudend oor lae hitte tot vla verdik - die agter kant van die houtlepel moet bedek word. Gooi vla in ’n bak en laat koud word in yskas. Voeg room by vla en roer goed deur. As jy ’n roomysmasjien het, volg aanwysings. So nie, gooi mengsel in ’n plat bak, maak met kleefplastiek toe en sit in die vrieskas. Roer roomys elke uur tot gevries. Ek stel voor jy begin al die vorige dag met jou roomys.