(2 liter)

  • 1 vanieljepeul
  • 3 eiers
  • 2 eiergele
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 220 g (260 ml) strooisuiker
  • 500 ml room
  • vars vye, gehalveer, om voor te sit

Skraap sade uit vanieljepeul. Plaas eiers, eiergele, geursel, vanieljesade en strooisuiker in 'n bak wat oor 'n kastrol met kookwater pas. Klits mengsel (verkieslik met 'n elektriese handklitser) in die bak oor kookwater tot dik en lig van kleur. Haal bak van kastrol af en laat effen afkoel. Klop room styf en vou in eiermengsel in. Gooi van die mengsel in ysbakkies en gooi die res in 'n houer wat in jou vrieskas kan gaan. Bevries verkieslik oornag. Sit voor met vars vye.