6 porsies

  1. 800 g varkfilette
  2. 150 ml olyfolie
  3. 10 ml paprika
  4. 5 ml fyn komyn
  5. 2 rooi soetrissies, in blokkies gesny
  6. sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
  • Sny die varkfilette in blokke.
  • Meng die olyfolie, paprika en komyn.
  • Marineer die vleis vir sowat ’n halfuur.
  • Ryg saam met soetrissies op kebab-stokkies, geur met sout en swartpeper en braai in ’n baie warm pan vir 10 tot 15 minute.