Appel en vark is natuurlike pasmaats. Probeer dié een.

8 – 10 porsies

• 400 g koekmeel

• 200 g botter

• 80 ml yswater

• 1 kg varkmaalvleis

• 4 knoffelhuisies, gekap

• 2 groenappels, gerasper

• 250 g spek, gekap

• hand vol salie, gekap

• 1 ui, fyngekap

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 1 eier, liggies geklits

Verhit oond tot 180 ºC. Plaas meel en botter in ’n voedselverwerker en meng teen ’n hoë spoed tot tekstuur van fyn broodkrummels. Voeg yswater by en meng tot ’n bal vorm. Laat rus in yskas tot yskoud. Rol deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit tot 5 mm dik. Spuit ’n 30 cm-losboomkoekpan met kleefwerende kossproei en voer uit met bakpapier. Spuit weer met kossproei. Voer pan uit met deeg en sny oortollige deeg af. Hou eenkant.

Maak vulsel só Meng maalvleis, knoffel, spek, appels, salie en uie saam. Geur met sout en swartpeper. Skep vulsel in pan wat uitgevoer is met deeg. Die vulsel sal bo die rand van die pan uitkom. Rol orige deeg weer uit en sny ’n sirkel om bo-oor die vulsel te pas. Druk vas en verf met geklitste eier. Bak

60 – 90 minute of tot goudbruin en gaar.Laat afkoel en haal uit pan. Sit voor of pak in.

Wenk

Moenie pastei uit die pan haal voor heeltemal koud nie, die kors sal breek.