(4 porsies)

  • 4 varktjops
  • sap van halwe suurlemoen
  • 10 ml korrelmosterd
  • 100 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Meng die suurlemoensap met die mosterd en olyfolie. Gooi dit oor die varktjops en geur met sout en peper. Sit die varktjops op ’n bakplaat onder die roosterelement van jou oond. Kook nou al die aartappels (wat klein gesny is). Voeg die boontjies en tamaties nou by. Rooster die tjops vir 10 minute aan die een kant. Draai die tjops om en sit die boontjies en tamatie eenkant op die bakplaat. Sprinkel ’n bietjie olyfolie oor en plaas terug onder die roosterelement vir nog 10 minute. Maak kapokaartappels wanneer jou aartappels sag is.

Sit voor saam met
Kapokaartappels, groenbone en kersietamaties

  • 6 aartappels, afgeskil en gesny in klein blokkies
  • 180 g groenbone
  • 15 kersietamaties