genoeg vir 6

15 ml olyfolie

1 ui, fyngekap

2 knoffelhuisies, fyngekap

1 selderystingel, fyngekap

2 ml gedroogde origanum

750 ml groente-aftreksel

2 x 400 g-blikkies tamaties

15 ml tamatiepuree

2,5 ml suiker

250 ml room

sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

6 varkworsies, gegeur met kruie

Verhit die olyfolie in ’n kastrol en braai die ui, knoffel en seldery vir sowat 5 minute tot sag. Voeg die origanum, groente-aftreksel, geblikte tamaties, tamatiepuree en suiker by. Laat prut vir 15 minute tot effens verdik. Maak die sop fyn in jou voedselverwerker of versapper. Gooi terug in die kastrol en voeg die room by. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Druk die vleis uit die worsies en rol dit in happiegroot frikkadelle. Pak in warm sop en sit deksel op kastrol. Verhit oor lae hitte tot frikkadelle gaar is – sowat 10 – 12 minute. Sit warm voor met vars basiliekruid.