2 porsies

  • 100 g vars aspersies
  • 2 tortillas
  • 30 ml basiliekruid-pesto
  • sowat 6 varsbasiliekruidblare
  • 4 snye parmaham
Dompel aspersies in kookwater vir so 3 minute. Dreineer en laat afkoel. Verhit tortillas. Smeer elkeen met pesto. Sit vars basiliekruidblare op elkeen en plaas parmaham en aspersies bo-op. Rol toe. Om te drink
’n Kraakvars sauvignon blanc - ’n 2009-oesjaar.