• 600 g vars aspersies
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • sowat 100 ml olyfolie
  • so 8 kwartel-eiers
  • 100 g groen olywe, ontpit
  • hand vol gekapte pietersielie
  • 1 blikkie ansjovis-filette
  • 100 g parmesaankaas

Dompel jou aspersies in kookwater en laat kook vir so 4 minute. Die aspersies moet nog lekker bros wees. Dreineer en gooi onmiddellik die olyfolie oor. Geur met sout en swartpeper. Laat afkoel. Sit die aspersies in ’n bak en voeg die res van die bestanddele (behalwe die parmesaankaas) by. Sny die kaas in dun skywe met ’n groenteskiller en sit bo-op die slaai.

Om te drink
Ek kan hoor hoe hierdie gereg vir 'n fris sauvignon blanc vra: Stellenbosch Hills, Gusto, Neil Ellis of Thelema.