(6 porsies)

  • 6-8 klein beetwortels
  • 30 ml olyfolie
  • 200 g ferm bokkaas
  • vars klein spinasie- of slaaiblare

Gremolata

  • 30 ml dun suurlemoenskil
  • 2 knoffelhuisies en 'n vuis vol pietersielie saam fyngekap

Gebruik die varsste klein beetwortels wat jy kan kry. Skrop skoon en kook in water tot sag maar nog ferm. Trek die skille af en sny die beet in groterige blokkies, of hou dit heel as hulle baie klein is. Gebruik jou hande om die beet met olyfolie te vryf sodat hulle blink. Rangskik die groen blare in 'n bak en pak die beet in die blare. Geur met 'n bietjie growwe sout. Sny die kaas in blokkies of krummel fyn. Rangskik op die beet en strooi gremolata bo-oor. Sit koud voor.