Heel vissie gebak inni oond

Enige heel vis kan gebruik word. Vis moet mooi skoon gemaak word met al die skibbe af, kan die vel aanhou.

Benodighede:

Olyfolie

2 vars suurlemoene ( een se zest) ander een word in skywe gesny vir laaste

1 tl sage

1tl rosemary

1tl tiemie

4 huisies garlic fyn gekap

1 el vars oregano of coriander fyn gekap

2 el vars parsley fyn gekap

1 el vars gemmer vars fyn gekap

Fish spices

Sout en peper

So maak mens:

Meng die olyf olie, 2 suurlemoen se sap en zest van een suurlemoen, al die spices en maak pesto van dit. Maw als word in bakkie fyn gemaak. Vis moet mooi droog gemaak word. Bo op vel moet in diamante shape in snitte gesny word aan albei kante. Vat die growwe sout en vryf in die snitte in voor en agter van die vis. Vat foelie en gooi olyf olie aan onder kant van foelie. Plaas 3 van die gesnyde suurlemoene onder die vis. Die kant wat klaar gesny en gedoen is (pesto in snye gesmeer is ) word omgedraai en word op foelie geplaas. Nou word die ander kant gedoen. Smeer die pesto aan ander kant oork en as daar oorbly aan die binnekant van die vis ook. Kan die kop van die vis aanhou, baie mense hou van dit.

As al die pesto klaar is, sny die suurlemoene in skyfies en pak bo-op die vis. Vat olyf olie en sprinkle oor die vis nadat al die spices oorgegooi is.

Bak vir 1 uur as dit ‘n groot vis is in matige oond op 160 grade. Toets vis na 30 min. As dit flake is dit gaar. Moenie te lank bak nie anders is die vis droog.

Kan voorbedien word saam met couscous of rys (Ek braai altyd al die peppers saam uie en voeg saam die cous cous of rys) As enige vis oorbly kan jy die volgende dag slaai maak van dit saam blaarslaai, uie en komkommer en mayonnaise.

Sien ander resepte