Dié resep vorm die basis van sy parmesaan-broodstokkies in die April 2012-uitgawe van SARIE.

Hier's die resep:

Parmesaan-broodstokkies met soetwyn

Die olywe lyk dalk baie, maar dís wat dit so lekker maak.

  • 20 stokkies
  • 10 g kitsgis
  • 10 g sout
  • 300 ml louwarm water
  • 45 ml heuning
  • 500 g koekmeel
  • 400 g groen olywe, ontpit en grofgekap
  • 100 g parmesaankaas, fyngerasper + ekstra koekmeel vir uitrol

Plaas gis, sout, water en heuning in middelslag-mengbak. Roer met draadklitser tot gemeng. Voeg meel geleidelik by tot stywe, kniebare deeg vorm. Keer uit op skoon werkvlak en knie tot gladde, ferm deeg. Sit in skoon bak wat met olie gesmeer is. Laat rys op warm plek tot dubbel die volume. Voeg olywe by en knie af tot goed gemeng. Laat weer rys tot dubbel die volume. Verhit oond tot 220 °C. Verdeel deeg in 20 ewe groot porsies en rol in lang, dun stokkies. Plaas op bakplaat wat met kleefwerende kossproei gespuit is. Sprinkel parmesaan oor en bak vir 15 – 20 minute of tot goudbruin en bros. Sit voor met soetwyn.