Ek het die brood in ’n klein kastrol gebak, so 16 – 18 cm in deursnee.

  • 500 g (890 ml) bruismeel
  • 5 ml sout
  • 250 ml pecorino-kaas, gerasper
  • 1 blik (340 g) mieliepitte, gedreineer
  • 1 ½ blikke (340 ml per blikkie) bier

Verhit oond tot 180 °C. Meng meel, sout, kaas en mieliepitte in ’n groot mengbak. Voeg bier by en meng goed. Skep in ’n gesmeerde kastrol wat in die oond kan gaan, of ’n broodpan van so 18 cm groot. Bak vir 1 uur tot gaar. Toets met ’n dun pennetjie om seker te maak dis gaar in die middel.