(4 porsies)

  • 25 ml sonneblomolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 4 knoffelhuisies, fyngekap
  • 25 ml groenkerriepasta
  • 250 ml klapperroom
  • 2 ml sout
  • 15 ml sojasous
  • 12 ml bruinsuiker
  • 1 rooi brandrissie, in repies gesny
  • 500 g bevrore stokvis, in blokke gesny
  • ’n hand vol vars basiliekruidblare

Verhit die sonneblomolie in ’n kastrol en voeg die ui en knoffel by. Braai vir 30 sekondes. Voeg die groenkerriepasta by en braai vir 1 minuut. Voeg die klapperroom, sout, sojasous, bruinsuiker en brandrissie by. Laat kook vir 3 minute. Voeg die stokvis by en laat kook vir 5-8 minute tot die vis gaar is. Laastens, voeg die vars basiliekruidblare by en sit onmiddellik voor. Sit voor saam met Basmati- of jasmynrys.