Werk op ’n koue oppervlak met jou blaardeeg. Voer die tertbord met ’n laag deeg en maak seker dit lê tot bo-op die rand van die bord. Smeer die bo-rand met geklitste eier of koue water.

Sny ’n lang strook blaardeeg en plaas dit bo-op die eerste, gesmeerde blaardeeg-rand. Druk versigtig vas en druk regom die rand kepe in die deeg met die agterkant van ’n mes (dit maak ’n mooi randpatroon).