(4 porsies)

  • 4 vinkelknolle
  • 500 g waatlemoen, in skywe gesny
  • sap van 1 suurlemoen
  • 60 ml olyfolie
  • 4 wiele feta
  • 100 g bronkors (watercress)
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Gebruik 'n groenteskiller en sny vinkel in dun repies.Dompel in yswater vir 5 minute. Plaas waatlemoen op opdienbord. Druk suurlemoensap oor en sprinkel olyfolie oor. Sny feta-wiele met 'n skerp mes deur sodat jy agt dunner wiele het. Sit feta, bronkors en vinkelrepe saam met waatlemoen op bord. Geur met sout en peper. Sit voor.