(4 porsies)

  • 45 ml olyfolie
  • 2 knoffelhuisies, gekap (opsioneel)
  • 200 g kersietamaties
  • 100 g swart olywe, ontpit
  • 500 g spaghetti
  • 125 g basiliepesto
  • 150 g sagte mozzarella-kaas, in stukke gebreek
  • 45 ml botter
  • 4 snye brood van jou keuse, in growwe stukke gebreek
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit olyfolie tot warm in middelslagpan. Voeg knoffel by (indien gebruik) en braai dit liggies tot begin verbruin. Voeg tamaties by en verlaag hitte. Braai vir 5 minute of tot tamaties begin bars. Voeg olywe by. Kook spaghetti volgens aanwysings op pak. Dreineer en roer by warm tamaties. Voeg pesto en mozzarella by en meng goed. Verhit botter in skoon pan tot warm en voeg broodstukke by. Braai tot goudbruin en bros, sowat 3 minute.Voeg by pasta. Geur goed met sout en swartpeper. Sit warm voor.

Wenk: Jy kan ook 1 blik gedreineerde tuna of keker-ertjies (chickpeas) by roer.