• 2 velle bevrore blaardeeg
  • 250 g-bottel Nutella
  • 1 eier, geklits
  • versiersuiker

Sny die blaardeeg in 2 sirkels (ek het ’n kleinbordjie gebruik). Sit die eerste sirkel op ’n gesmeerde bakplaat. Skep dan die Nutella-sjokoladesmeer in die middel van die deeg - hou so 2 cm van die kante skoon. Smeer die kante met geklitste eier en sit die tweede laag blaardeeg bo-op. Druk die twee stukke goed aanmekaar. Smeer die boonste laag met eier en bak vir ongeveer 20-30 minute in ’n warm oond teen 200 °C. Sif versiersuiker oor en sit warm voor.