(4 porsies)

  • 4 blikkies (170 g elk) tuna, gedreineer
  • 500 g cheddar-kaas, gerasper
  • 200 ml romerige mayonnaise
  • 20 ml suurlemoensap
  • hand vol vars basiliekruid-blare, grofgekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • Tabasco-sous na smaak (opsioneel)
  • 4 volkoring-rolletjies, in lengte gehalveer

Verhit roosterelement van oond. Plaas tuna in 'n bak en vlok met 'n vurk. Voeg kaas, mayonnaise, suurlemoensap en basiliekruid by. Meng goed en geur met sout en swartpeper. Vir 'n bietjie byt kan jy Tabasco-sous byvoeg. Skep vulsel bo-op rolletjies en plaas in warm oond. Rooster totdat kaas lekker gesmelt is en sit voor met slaai van jou keuse.