(8 porsies)

  • 185 g botter
  • 185 g donkersjokolade, grofgekap
  • 3 eiers
  • 250 g (310 ml) suiker
  • 95 g (170 ml) koekmeel
  • 50 g kakao-poeier
  • 100 g witsjokolade, fyngekap
  • 50 ml melk
  • 1 liter gehalte-vanieljeroomys
  • 250 ml sjokoladesous van jou keuse

Verhit oond tot 160 °C. Sit botter en donkersjokolade in glasmengbak. Plaas oor pot met kookwater tot sjokolade en botter gesmelt is. Voeg eiers een vir een by en meng goed. Voeg suiker by en meng goed. Sif meel en kakao saam. Meng by gladde mengsel in. Gooi mengsel in ’n pan van 25 x 25 cm wat met kleefwerende kossproei gespuit is. Plaas in warm oond en bak vir 40 – 45 minute of tot gestol. Die middel moet nog klam wees. Sit in yskas tot yskoud. Plaas witsjokolade en melk saam in ’n glasbak en smelt oor pot met kookwater tot gladde mengsel. Roer winkelroomys in groot mengbak tot sagte mengsel, maar nie gesmelt nie. Voeg witsjokolade by en meng goed. Plaas in vrieskas. Keer brownie uit en sny in twee ewe groot dele. Voer ’n broodpan van 15 x 20 cm met kleefplastiek uit. Plaas een helfte van brownie onderin en skep sagte roomys bo-op. Plaas tweede helfte bo-op. Sit vir sowat 4 – 6 uur, of oornag, in vrieskas tot roomys heeltemal gevries is. Keer uit en sit voor met sjokoladesous van jou keuse.