(6 - 8 porsies)

  • 2 eiers
  • 3 eiergele
  • 10 ml vanieljegeursel
  • 200 g strooisuiker
  • 200 g witsjokolade, gesmelt
  • 500 ml room
  • 8 suiker-horinkies (sugar cones)

Sit eiers, eiergele, vanielje en suiker saam in 'n middelslag-glasbak wat stewig op 'n pot pas. Vul pot met kookwater, maar dit moenie aan die bak raak nie. Plaas op matige hitte terwyl jy met elektriese handklitser klits. Hou aan klits vir sowat 10 minute tot dik en skuimerig. Vou by witsjokolade in. Klits room tot sagte punte vorm en vou by eiermengsel in. Gooi mengsel in 2 liter-roomysbak en vries oornag. Skep balle van die roomys op horinkies en sit voor.