(sowat 16 groot koekies)

  • 220 g (240 ml) botter
  • 260 g (325 ml) bruinsuiker
  • 2 eiers
  • 340 g (950 ml) hawermout
  • 220 g (380 ml) koekmeel
  • 200 g witsjokolade, grofgekap
  • 5 ml sout

Verhit oond tot 160 °C. Room botter en bruinsuiker met 'n elektriese menger tot lig en romerig.Voeg eiers een vir een by en meng goed. Vou res van die bestanddele om die beurt by en meng
deeglik. Gebruik 'n roomyslepel en skep balle vol beslag op gesmeerde bakplaat. Druk met jou palm plat tot 1 cm dik. Bak vir 20 - 25 minute of tot goudbruin en gaar. Laat afkoel en geniet saam met 'n glas yskoue melk.