6 porsies

• 200 g botter

• 200 g (250 ml) suiker

• 4 eiers

• 200 g (260 ml) bruismeel

• 100 g witsjokolade, fyngekap

• 250 ml room, geklits tot sagte punte vorm

• 250 g vars kersies

• 100 g donkersjokolade, gesmelt en effens afgekoel

Verhit oond tot 180 °C. Room botter en suiker met 'n elektriese menger tot lig en romerig.Voeg eiers by en meng goed, gevolg deur bruismeel en witsjokolade.Meng goed en gooi mengsel in 'n 30 cm-pan wat met kleefwerende middel gespuit is. Bak vir 20 - 25 minute of tot goudbruin en gaar. Keer uit en laat afkoel. Skep room bo-op en sprinkel kersies oor. Skep gesmelte donkersjokolade oor en sit voor.

Wenk

Om te toets of die koek gaar is, druk liggies met jou vingerpunte bo-op. As dit terugspring soos spons is dit gaar.