Basisresep

Met hierdie resep kan jy 5 verskillende groentekoeke maak (sien hieronder).

  • 420 g (750 ml) bruismeel 15 ml koeksoda 1 ml sout
  • 250 ml sonneblomolie 400 g (500 ml) suiker 4 eiers

Verhit oond tot 180ºC. Sifmeel, koeksoda en sout saam. Meng olie, suiker en eiers. Voeg oliemengsel by droë bestanddele en meng goed. Volg verder jou gekose variasie (onder) se metode.Al die koeke word in 'n standaardgrootte losboom-ringpan (20 x 18 cm) gebak.

Witwortel-en-witsjokoladekoek

(6 - 8 porsies)

  • 750 ml witwortel, gerasper
  • 200 g witsjokolade, fyngekap
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 5 ml fyn kaneel
  • 150 ml melk
  • geel skil van 1 suurlemoen

Bolaag

  • 45 ml water
  • 100 g (125 ml) suiker
  • 2 suurlemoene, in dun skywe gesny
  • 125 ml versiersuiker
  • sap van 2 suurlemoene

Vou witwortel, witsjokolade, vanielje, kaneel, melk en suurlemoenskil by basisresep in. Spuit 'n losboom-ringkoekpan met kleefwerende sproei. Gooi beslag in die pan en bak vir 35 - 40 minute of totdat 'n toetspen skoon uitkom. Keer uit op 'n draadrak en laat afkoel. Bring water en suiker vir die bolaag tot kookpunt. Voeg suurlemoenskywe by en laat stadig prut totdat 'n stroop vorm en suurlemoenskil deursigtig raak. Plaas skywe op bakpapier en laat afkoel. Meng versiersuiker en sap. Voeg genoeg water by om 'n loperige versiersel te maak. Gooi dit oor afgekoelde koek en versier met suurlemoenskywe.