(6 porsies)

  • 60 ml botter
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 250 g spek, grofgekap
  • 10 witwortels (parsnips), geskil en in ringe gesny
  • 1 appel, geskil en gerasper
  • 1 000 ml hoender-aftreksel
  • 250 ml room
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 45 ml olyfolie
  • 18 steurgarnale, doppe verwyder en skoongemaak
  • hand vol pietersielie, fyngekap
  • sap en skil van 1 suurlemoen

Verhit botter in middelslag-kastrol.

Voeg uie, knoffel en spek by. Braai vir 5 – 8 minute of tot spek goudbruin is. Voeg witwortels en appel by en braai vir nog 5 minute.Voeg aftreksel by en verlaag hitte. Laat prut vir 20 – 25 minute of tot witwortels sag en pap is.

Voeg room by en laat prut vir nog 5 minute.Verwyder van hitte en laat effens afkoel. Verwerk in voedselverwerker tot gladde mengsel.

Voeg nog aftreksel by indien die sop te dik is. Geur goed met sout en peper.

Verhit olyfolie tot warm in middelslagbraaipan. Voeg garnale by en braai vir 3 – 5 minute of tot begin verbruin. Voeg pietersielie, sap en skil van suurlemoen by. Braai vir nog 1 minuut. Geur goed met sout en peper.

Sit sop voor met gebraaide garnale.