(8 porsies)

  • 250g botter
  • 2 suurlemoene se sap
  • 1 knoffelhuisie, gekerf
  • 30ml appelkooskonfyt
  • 1 kabeljou, geelstert of geelbek, in filette gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • vinkelblaartjies
  • vars suurlemoene vir op die bord

Verhit oond tot 180°C. Smelt botter in 'n kastrol oor matige hitte. Voeg suurlemoensap, knoffel en appelkooskonfyt by. Prut vir 10 minute. Plaas vis in 'n oondbak, gooi bottermengsel oor en geur met sout en peper. Oondrooster vir sowat 35 minute. Snipper vars vinkelblaartjies oor en sit voor met vars suurlemoenwiggies.

Om te drink:
De Wetshof se fris Sauvignon Blanc.