Hierdie gereg kan ’n dag of twee in die yskas gehou word. Jy kan ook geblikte tuna byvoeg.

genoeg vir 6

  • 500 ml gaar oorskiet-bruinrys
  • 200 g baba-rosa-tamaties, gehalveer
  • 300 g ontpitte swart olywe, gedreineer en gehalveer
  • 75 g sprietuie, in stukkies gesny
  • 30 g vars basiliekruidblare, fyngekap
  • 3 wiele fetakaas, gekrummel

SLAAISOUS

  • 60 ml olyfolie
  • 30 ml suurlemoensap
  • 20 ml Dijon-mosterd
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Gooi rys in groot opdienbak.Voeg tamaties, olywe, sprietuie, basiliekruid en fetakaas by en meng deur. Meng al die slaaisous- bestanddele goed saam. Gooi slaaisous oor rysmengsel en meng deur.