Die lang kook- en braaiproses verseker dat die hoender deurgaar is. 

genoeg vir 4

•  8 hoenderstukke (dye en boudjies)

•  sout en varsgemaalde swartpeper

•  1 rooi-ui, in kwarte gesny

•  2 knoffelhuisies

•  125 g rooisoetrissie-pesto

•  45 ml gerookte paprika

•  sap van 1 suurlemoen

•  30 ml sjerrie-asyn

•  100 ml olyfolie

•  groenboontjies en patats vir voorsit (opsioneel)

Sny so drie kepe in elke hoenderstuk tot teenaan die been. Plaas hoender-stukke in ’n groot plat bak. Geur met sout en peper. Plaas res van be-standdele in ’n voedsel-verwerker.Meng goed om gladde sous te maak. Gooi oor hoender en maak seker elke porsie is weerskante goed bedek.

Maak bak toe met kleefplastiek en laat marineer 2 uur of oornag in yskas. Verhit oond tot 200 °C. Verwyder kleefplastiek en bedek bak met foelie. Oondbraai sowat 30 minute. Draai hoender nou en dan om. Haal uit oond en braai oor kole vir 10 – 15 minute. Sit voor.

Lees nou

Bobotie-fillo-pakkies

Geroosterde vleiskebabs

Geroosterde hoender met paprika

Papkoekies met boerewors en tamatiesmoor