Verlede jaar het reënboogmielies ons aandag getrek. Elke pit is ’n ander kleur, byna soos ’n boks Smarties. Nou is daar nóg ’n kossoort wat van kleur verwissel: die pynappel! Dié slag laat dit ons aan pienk spookasem dink.

Volgens Metro het die Amerikaanse maatskappy Del Monte 10 jaar lank aan die pienk pynappel gewerk. En dit lyk of dit binnekort op die kosrakke gaan verskyn.

Lees meer oor dié pynappel hier. Kyk net hoe mooi! Maar sal jy dit wil eet?

A post shared by Dr. Ava Shamban (@dravasays) on