Met 1 hoenderborsie kan jy maklik 4 mense kos gee. ’n Voupakkie of wrap is veral lekker vir middagete.

genoeg vir 4

  • 1 gaar ontbeende hoenderborsie met vel
  • 60 ml romerige mayonnaise
  • 250 ml gaar oorskiet-bruinrys
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 4 gekoopte wraps
  • 1⁄2 avokado, in wiggies gesny
  • 40 g roketblare

Sny hoender in klein stukkies. Voeg mayonnaise en rys by en meng goed.  Geur met sout en peper.  Verhit wraps 2 sekondes in mikrogolf.  Verdeel hoender- mengsel tussen die 4 wraps.  Plaas avokado-wiggies bo-op hoender en dan roket.  Vou stewig toe en halveer met skerp mes.