Hoenderlewerpatee met soetwynjellie
genoeg vir 6
25 g botter
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, gekap
15 ml tiemieblare, fyngekap
600 g hoenderlewers
40 ml brandewyn
15 ml tamatiepasta
160 ml room
sout en varsgemaalde swartpeper
Jellie
250 ml soetwyn
15 ml gelatienpoeier
30 ml water
agurkies, brood en vars vye vir voorsit
Verhit botter tot warm in ’n middelslag-pot. Voeg uie, knoffel en tiemie by. Braai liggies tot ui goudbruin is. Voeg hoenderlewers by en braai verder tot goudbruin, sowat 5 minute. Voeg brandewyn en tamatiepasta by en meng goed. Laat brandewyn wegkook en voeg room by. Laat stadig prut vir sowat 5 minute of tot room met helfte verminder het. Geur goed met sout en swartpeper. Laat afkoel. Plaas mengsel in voedselverwerker en verwerk tot gladde patee. Verdeel mengsel tussen glasflesse van jou keuse. Sprinkel gelatien oor water enlaat staan vir 1 minuut. Terwyl gelatien spons bring soetwyn tot kookpunt. Verwyder van hitte en skep geweekte gelatien by warm wyn. Meng tot gelatien gesmelt is. Gooi bo-oor patee en plaas in yskas tot gestol (2-3 ure) Sit voor met roosterbrood, agurkies en vars vye.
Kortlamskenskels in rooiwyn
Hierdie bly een van my trooskosse, dis amper soos beestert in rooiwyn maar met lam.
genoeg vir 6
140 g (250 ml) koekmeel
2 kg kort lamskenksels
50 ml olyfolie
3 groot wortels, ringe gesny
2 uie, fyngekap
2 huisies knoffel, fyngekap
1 lourierblaar
1 bottel (750 ml) rooiwyn
250 ml beesstert-aftreksel
5 ml droë gemengde kruie
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
10 kwepers
800 g suiker
2 liter water
sap en skil van 1 suurlemoen
Verhit oond tot 180 ºC. Rol die lamstukke-stukke in meel en skud oortollige meel af. Verhit helfte van olie in 'n oondkastrol. Braai die vleis so 3 - 4 stukke op 'n slag tot bruin en hou eenkant. Jy sal swart stukkies in die kastrol sien. Dis die meel. Maak die kastrol skoon en verhit die res van die olyfolie daarin. Voeg die wortels, uie en knoffel by. Braai die groente vir sowat 10 minute tot die uie sag en deurskynend is. Plaas die vleisstukke bo-op die groente. Voeg die lourierblaar, rooiwyn en aftreksel by. Geur met kruie, sout en peper. Sit die deksel op en plaas in warm oond. Jy moet die bredie dophou sodat dit nie droog kook nie. As jy sien dit raak droog, kan jy 'n bietjie van die kookwater byvoeg. Verlaag die hitte van die oond ná 3 uur tot 160 ºC. Laat verder stowe vir nog 1 uur. Die vleis moet letterlik van die bene afval. Terwyl bredie kook Sit suiker, water, sap en skil van suurlemoen in groot pot. Bring tot kookpunt en plaas kwepers in pot. Laat stadig prut vir 2 uur of tot kwepers oranje en deurskynend is. Sit warm kerrie voor met kwepers en rys.
Rooiwyn-roomys
Glo my, dié resep is die moeite werd! Dis romerig, met ’n ongelooflike rooiwyn-geur. Op TV het ons dit met droë ys gevries, maar jy kan dit ook in jou roomysmasjien doen.
genoeg vir 6 porsies
1 bottel (750 ml) rooiwyn
1 kaneelstok
3 peperkorrels
250 ml melk
250 ml room
105 g (130 ml) suiker
4 eiergele
knippie sout
2 ml vanieljegeursel
1 kg fyn droë ys
Gooi wyn in ’n kastrol. Voeg kaneel en peperkorrels by. Bring tot kookpunt en laat oor lae hitte afkook tot sowat ’n halwe koppie. Dit neem so 1 uur. Bring melk, room en helfte van suiker tot net by kookpunt in ’n ander kastrol. Klits eiergele en voeg van die warm melk-en-room geleidelik by. Gooi terug in kastrol saam met res van suiker, sout en vanieljegeursel. Klits afgekookte rooiwyn by en roer oor lae hitte met houtlepel tot die mengsel die agterkant van ‘n lepel bedek. Gooi deur ’n sif. Plaas in jou roomysmaker en volg instruksies, of gooi in ’n vlak bak wat in die vrieskas kan gaan. Bevries, en roer elke uur tot yskristalle afgebreek is. Vir die TV het ons droë ys gebnruik wat dit baie vining vries.
Soek jy 'n ander episode se resep?
Episode 5: Ingemaakte vrugte en speserye
Episode 8: Brandewyn
Besoek Spekko Rice se webtuiste vir meer resepte.
Volg ook Spekko Rice se Facebook, Twitter en Instagram-blaaie.