Vanaand op #Inspirasiekos Met SARIE: Herman Lensing kook saam met Brenda de Jager. Brosgebraaide maalvleis met lensiedahl en kweperlimonade om die dors te les. 

Kweper-limonade

Of noem dit ’n anderste soort ystee. Dis gelaai met rooibos en kweper se gesonde eienskappe. 

genoeg vir 8 

1 liter water 

200 g (250 ml) suiker 

400 g ingemaakte kwepers

6 sakkies rooibostee 

1 kg gebreekte ys 

2 liter limonade 

Plaas water, suiker en kwepers in middelslagpot en bring tot kookpunt. Laat prut vir 5-8 minute of tot vloeistof met ’n derde verminder het. Verwyder van hitte en voeg teesakkies by. Laat trek die tee vir 5-8 minute, of langer as jy dit sterker verkies. Verwyder sakkies en laat afkoel tot yskoud. Verwerk tot puree met staafmenger. Plaas ys en koue stroop in groot ponsbak. Gooi limonade by en meng liggies deur. Sit voor.


Brosgebraaide maalvleis met lensie-dhal 

Dhal is ’n Indiese kerrie wat baie maklik en bekostigbaar is, ek maak dit in my drukkoker om tyd te spaar. Die bros maalvleis bo-op gee lekker tekstuur.

genoeg vir 8

45 ml olyfolie

30 ml botte

r15 ml komynsaad

6 droë of vars kerrieblare

1 ui, fyngekap

1 brandrissie, fyngekap

400 g-blik tamaties

360 g (400 ml) droë geel lensies

25 ml borrie

2 gerasperde wortels

2 liter water

80 ml appelblatjang

Maalvleis

45 ml olyfolie3

0 ml matige kerriepoeier

1 cm gemmer

1 kg maer beesmaalvleis

sout en varsgemaalde swartpeper

1 hand vol koljander

Verhit  drukkoker oor hoë hitte tot warm. Voeg olie en botter by. Voeg komyn, kerrieblare, ui en brandrissie by. Roerbraai vir 3-5 minute of tot geurig. Voeg tamatie, lensies, borrie en wortel by. Meng deur. Gooi water en blatjang by. Maak pot toe en bring tot volstoom. Stoom vir 30 minute. Terwyl lensies stoom, verhit olie vir maalvleis tot warm in groot braaipan. Voeg kerriepoeier en gemmer by en braai vir 1 minuut. Gooi maalvleis by en roerbraai tot dit ’n korrelrige tekstuur het en al die vloeistof weggekook het wat vorm in die pan. Verwyder van hitte en geur goed met sout en peper. Laat stoom uit drukkoker en roer gekapte koljander by. Skep in opdienbak en skep maalvleis bo-op. Sit voor met gebraaide poppadoms.

Vrugte met sabayon

Sabayon is ’n klassieke Franse skuimsous wat met eiergele en madeirawyn gemaak word. Ek gebruik enige soetwyn soos muskadel. Dis eintlik maar ’n vla wat geklits word. 

genoeg vir 6  

4 eiergele 

125 ml muskadel 

50 g strooisuiker 

600 g ingemaakte vrugte van jou keuse (ons het koejawels en perskes gebruik)

100 g gevlokte amandelsknippie

pienkpeperkorrels (opsioneel)

Kook water in ’n pot waarop ’n glasbak stewig kan pas, maar waarvan die bodem nie aan die water raak nie. Sit eiergele, muskadel en strooisuiker in glasbak. Plaas op pot en verlaag hitte tot net onder kookpunt. Gebruik elektriese handklitser en klits mengsel vir 5 minute by hoë spoed tot lig en skuimerig. Verwyder bak van hitte en hou aan klits tot mengsel koud is. Plaas ingemaakte vrugte in opdienbak en skep skuimsous oor. Sprinkel amandels oor en brand bruin met kombuisvlam. Sprinkel peperkorrels oor en sit voor.

Soek jy 'n ander episode se resep?

Episode 1: Koring

Episode 2: Pruime

Episode 3: Charcouterie

Episode 4: Kersies

Besoek Spekko Rice se webtuiste vir meer resepte. 

Volg ook Spekko Rice se FacebookTwitter en Instagram-blaaie.