Herman Lensing toor met biltong. Hy maak Marokkaanse harira, gebraaide mielies met biltong en om die lekker ete af te rond maak hy biltongpatee - heerlik!
Marokkaanse harira
Kekerertjies is ’n goedkoop manier om vleissop te rek. Ek voeg biltong by vir lekker ekstra smaak.
6 porsies
60 ml olyfolie
1 ui, fyngekap
5 ml fyn koljander
10 ml fyn komyn
5 ml kaneel
500 g lamsvleisblokkies
2 x 400 g-blikke tamaties
50 g split-ertjies
1 000 ml beesvleis-aftreksel
1 x 400 g-blik kekerertjiessout en varsgemaalde swartpeper
hand vol koljander, fyngekap
Verhit olyfolie in middelslagpot. Voeg uie by en braai vir 2 minute. Voeg fyn koljander, komyn en kaneel by. Braai nog 1 minuut. Voeg vleis by en braai tot goudbruin. Voeg tamaties, split-ertjies en aftreksel by. Verlaag hitte en laat prut stadig vir 2 uur met deksel op. Voeg kekerertjies by en kook vir 15 minute. Geur goed met sout en peper. Roer net voor ete gekapte koljander by. As sop te dik is, roer nog aftreksel by.
Gebraaide mielies met biltongbotter
Om mielies te braai is so oud soos die berge self, maar ai, ek kan nie genoeg van dit kry nie. Probeer hom ’n slag met biltongbotter.
genoeg vir 6
6 mielies
30 ml olyfolie
60 ml botter
100 g biltong, fyngesny
15 ml vars origanum en tiemie, gekap
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Bring ’n groot pot water tot kookpunt en kook die mielies vir 10 minute of tot net sag. Verhit ’n riffelpan tot baie warm – die rook moet daaruit trek (jy kan dit ook op kole doen). Verf mielies met olyfolie en braai in die warm pan totdat hulle begin verkleur. Meng botter, biltong, origanum en tiemie en smeer die kruiebotter oor gaar mielies. Geur met sout en peper. Sit voor.
Biltongpatee
Maklik en vinnig, die geheim is die botter!
genoeg vir 6
425 g gesnyde biltong
1 x 250 ml-houer roomkaas
2 sprietuie, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 rooi brandrissie, fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper
115 g (125 ml) botter, gesmelt
2 lourierblare
3 takkies tiemieroosterbroodjies en vars groente vir voorsit
Plaas die biltong, roomkaas, uie, knoffel en rissie in ’n voedselverwerkeren verwerk by hoë spoed tot ’n gladde patee vorm. Geur goed met sout en peper. Skep die patee in mooi bakkies van jou keuse en smeer gelyk. Skep die gesmelte botter bo-oor en plaas die vars kruie bo-op. Plaas in die yskas om te stol. Sit voor met roosterbroodjies en vars groente van jou keuse.
Soek jy 'n ander episode se resep?
Episode 5: Ingemaakte vrugte en speserye
Besoek Spekko Rice se webtuiste vir meer resepte.
Volg ook Spekko Rice se Facebook, Twitter en Instagram-blaaie.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET