Buchu-en-vanielje-malvalekkers

genoeg vir 12

30 ml gelatien

125 ml kouewater

400 g (500 ml) strooisuiker

125 ml kookwater

10 ml vanieljegeursel

250 ml versiersuiker

knippie gedroogde droe buchu

Sprinkel gelatien oor koue water. Laat staan 5 minute. Skep in elektriese menger se bak en voeg suiker, kookwater, vanielje en buchcu by. Klits 10 minute tot dik en skuimerig. Skep mengsel in bak?van 30 x 20 cm wat met kleefwerende kossproei gespuit is. Jy kan ook ’n kolwyntjiepan gebruik. Laat stol 2 ?uur in yskas. Plaas versiersuiker en lekkers in voedselverwerker en pols?by hoë spoed tot fyn mengsel. Keer malvalekkers uit op ’n kapplank en sny in groot blokke met ’n skerp mes. Rol in versiersuikermengsel en sit voor.

 

Pampoen-arancini (risotto-balle)

genoeg vir 18–20 

30 ml olyfolie

1 ui, fyngekap

2 knoffelhuisies, fyngekap

250 ml Spekko-langkorrelrys

250 ml witwyn

650 ml hoenderaftreksel

300 g pampoenblokkies, gestoom tot gaar

1 knippie buchcu

50 g parmesaan-kaas, fyngerasper

sout en varsgemaalde swartpeper

140 g (250 ml) koekmeel

2 eiers, geklits

250 g fyn broodkrummels

100 ml basiliekruid-pesto  

Verhit olyfolie in groot, diep pan. Braai ui en knoffel tot sag en deurskynend. Voeg Spekko-langkorrelrys by en braai nog 5 minute. Gooi wyn oor en laat stadig kook tot alles deur rys geabsorbeer is. Skep aftreksel lepel vir lepel by en roer goed ná elke byvoeging. Wanneer al die aftreksel bygevoeg is en rys klewerig lyk, voeg pampoen by en bring weer tot kookpunt.. Prut tot rys heeltemal gaar is en die risotto-mengsel ’n romerige tekstuur het. Meng buchcu by. Verwyder van hitte en vou parmesaan-kaas by. Geur goed met sout en swartpeper. Laat afkoel tot heeltemal koud en gestol. Skep lepelsvol van die mengsel uit en rol balle met handpalms. Doop in koekmeel, dan in eier en laaste in krummels. Herhaal tot al die risotto op is. Diepbraai in warm olie tot goudbruin en bros. Sit voor met suurroom en basiliekruid-pesto.

Die beste ystee ooit 

genoeg vir 1,5 liter

200 g (250 ml) suiker

1 liter water

10 ml fyn gemmer

2 heel ster-anys-peule

1 groot knippie gedroogde buchu

2 suurlemoene se sap en skil

45 ml heuning

5 rooibostee-sakkies

ysblokkies

handvol bessies van jou keuse

3 vars takke buchu  

Plaas al die bestanddele, behalwe die teesakkies, ys en bessies, in 'n groot kastrol en bring tot kookpunt. Verlaag hitte en laat kook vir 10 minute totdat suiker gesmelt is. Verwyder van hitte en voeg teesakkies by. Laat trek totdat vloeistof afgekoel is. Gooi deur 'n sif en plaas in yskas tot yskoud. Sit tee voor in groot bekers vol ys en bessies van jou keuse. Garneer met vars buchu.

Soek jy 'n ander episode se resep?

Episode 1: Koring

Episode 2: Pruime

Episode 3: Charcouterie

Episode 4: Kersies

Episode 5: Ingemaakte vrugte en speserye

Episode 6: Botter

Episode 7: Biltong