’n Skottelgoedmasjien is glad nie goedkoop nie. Maar glo my, dis van groot waarde as jy jouself ure lank voor die kombuiswasbak moet afsloof. Hier is ’n paar dinge wat jy moet weet van dié wonderwasser - soos hoe jy sy rakleeftyd kan verleng en wat jy liefs nié in hom moet sit nie.

Maklike stappe om jou skottelgoedwasser skoon te hou:

• Haal die onderste skottelgoedrak uit. Verwyder die prop van die dreineringspyp en verwyder enige kos of vuiligheid wat moontlik vasgevang is. Dit sal dreinering verbeter, doeltreffende skoonmaak verseker en skade aan die skottelgoedwasser voorkom.

• Gooi een keer per week ’n koppie witasyn of bleikmiddel (soos) Jik in die skottelgoedwasser, laat dit vir ’n uur staan en laat dit dan een volle siklus teen ’n hoë temperatuur loop om kieme dood te maak.

Moet liefs nie die volgende items in jou skottelgoedmasjien was nie...

Bron: Foodnetwork.com