Genoeg vir 4

Baktyd: 30 minute

• sap en skil van 1 lemoen

• sap en skil van

• 1 suurlemoen

• 5 cm-stuk gemmer, gerasper

• 2 knoffelhuisies, fyngekap

• 1 brandrissie, fyngekap

• 15 ml heuning

• 400 g ontbeende hoenderborsies, in repe gesny

• 250 g strikkiepasta (farfalle)

• 2 avokado’s, in blokkies gesny

• 80 g bevrore ertjies, klaar gaar

• 100 g amandels, grofgekap

• 5 sprietuie, gekap

Slaaisous

• 60 ml olyfolie

• sap van een lemoen

• sap van een suurlemoen

• 15 ml heuning

Maak marinade van lemoensap en -skil, suurlemoensap en -skil, gemmer, knoffel, rissie en heuning. Laat hoenderrepe in sous marineer. Kook pasta volgens aanwysings op pak en spoel onder koue water af. Hou eenkant. Verhit ’n pan en braai hoender in marinade tot gaar (marinade sal wegkook). Sit pasta, hoender, avokado, ertjies, amandels en sprietuie saam in ’n groot mengbak. Maak slaaisous van olyfolie, lemoensap, suurlemoensap en heuning. Gooi oor slaai en meng goed deur.

Wenk: Laat die hoender weg en sit pastaslaai voor met braaivleis.