Ek is mal oor suikerbekkiekoek (hummingbird cake). Die turksvy maak die koek ekstra klam en sag.

genoeg vir 1 koek

• 400 g (500 ml) suiker

• 4 eiers

• 375 ml sonneblomolie

• 280 g (500 ml) koekmeel

• 10 ml bakpoeier

• 5 ml koeksoda

• 10 ml fyn kaneel

• 750 ml gerasperde wortel

• 200 ml fyn klapper

• 4 rooi turksvye, geskil en fyngedruk

• 1 x 410 g-blik fyn pynappel, gedreineer

Versiersel

• 2 x 250 g-houers roomkaas

• 100 g versiersuiker

• sap en gerasperde skil van 2 suurlemoene

• 10 macarons

• 100 g heuningkoeklekker (honeycomb), fyngebreek

Verhit oond tot 180 °C. Spuit 30 cm-losboompan met kleefwerende kossproei en voer met bakpapier uit. Klits suiker, eiers en olie saam. Voeg meel, bakpoeier, koeksoda en kaneel by eiermengsel en roer tot glad. Voeg die wortel, klapper, turksvy en pynappel by. Gooi in pan en bak vir 1 uur of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat afkoel in die pan.

Versiersel

Meng roomkaas, versiersuiker, sap en skil van suurlemoen saam tot gladde mengsel. Plaas afgekoelde koek met onderkant na bo op opdienbord. Skep van die versiersel bo-op koek en smeer gelyk met slaplemmes. Smeer oorblywende versiersel rondom koek. Plak macarons en fyn heuningkoeklekker aan kant van koek. Sit voor.