sowat 500 ml

  • 4 groot wit uie, geskil
  • 125 ml olyfolie
  • 5 ml growwe sout
  • sowat 2 ml varsgemaalde swartpeper
  • 2 lourierblare
  • 2 klein takkies vars roosmaryn
  • 100 g (125 ml) bruinsuiker
  • 80 ml rooiwyn
  • 80 ml rooiwyn-asyn
  • 30 ml balsemasyn

Halveer die uie en sny in skywe. Verhit olyfolie in ’n kastrol. Gooi uie in en braai sowat 5 minute tot die uieskywe loskom van mekaar en effens verbruin. Voeg sout, peper, lourierblare en roosmaryn by. Maak kastrol toe met deksel en verlaag hitte. Laat stowe sowat 20 – 30 minute. Verwyder deksel en voeg suiker, rooiwyn, rooiwyn-asyn en balsemasyn by. Roer goed deur en laat prut oop vir 20 – 30 minute. Roer nou en dan om te keer dat die suiker brand. Verwyder die roosmaryn en lourierblare en skep in gesteriliseerde flesse. Laat staan minstens ’n week voor jy dit voorsit.