(14 – 16 koekies)

• 125 g botter
• 100 g (125 ml) suiker
• 150 ml gouestroop
• 5 ml vanieljegeursel
• knippie sout
• 300 g (535 ml) koekmeel, plus ekstra vir uitrol
• 1 x 100 g-sakkie fyn amandels
• 200 g (385 ml) versiersuiker, gesif
• sap van 1 suurlemoen
• pienk koskleursel
• 16 eetbare versiersel-blommetjies

Verhit oond tot 180 °C. Room botter, suiker, stroop en vanielje met elektriese menger tot lig en romerig in mengbak. Voeg sout, meel en amandels by. Meng tot ’n sagte koekiedeeg. Draai toe in kleefplastiek en laat rus in yskas vir 25 minute. Strooi dun lagie meel op werkvlak. Rol deeg met koekroller uit tot
5 mm dik. Gebruik ronde en vierkantige koekiedrukkers met kartelrande en sny koekies uit. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit en spuit met kleefwerende sproei. Plaas koekies op bakplaat. Bak 12 – 15 minute of tot goudbruin. Laat afkoel. Meng versiersuiker en suurlemoensap. Voeg net genoeg koue
water by tot dit ’n stywe, loperige pasta vorm.Kleur met voedselkleursel. Smeer lepels vol op elke koekie en sit eetbare blom op. Laat stol eenkant tot hard. Bêre in lugdigte houers.