Die muffins vries baie goed. Maak dit Sondagaand en vries nadat dit afgekoel het. Baie gerieflik as jy die oggend laat is.

genoeg vir 36 muffins

• 4 eiers

• 250 ml kanola-olie

• 500 ml karringmelk

• 4 groot piesangs, grofgekap

• 4 groot wortels, geskil en gerasper

• 250 ml korente (opsioneel)

• 400 g (500 ml) sagte bruinsuiker

• 420 g (750 ml) koekmeel

• 10 ml koeksoda

• 10 ml bakpoeier

• 5 ml sout

• 10 ml kaneel

• 250 ml klapper

Verhit oond tot 180 °C. Spuit 3 standaard-muffinpanne (12 holtes elk) goed met kleef-werende kossproei. Meng al die bestanddele goed met ’n houtlepel in ’n groot mengbak. Verdeel mengsel in muffinholtes. Plaas in oond en bak 15 – 20 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Plaas op afkoelrak. Haal uit panne en bêre in lugdigte houer. Vries wat jy nie dadelik gebruik nie.