Jy beplan om ná werk ’n skemerkelkie met jou vriendinne te geniet of saam met jou geliefde by ’n deftige restuarant te gaan uiteet. Die eerste ding wat by jou opkom: Wat op aarde trek ek aan? Om daagliks ’n uitrusting uit te dink is reeds soms net een te veel, wat nog te sê van twéé uitrustings vir een dag ...

via GIPHY

Met nét drie klein veranderings kan jy jou daguitrusting transformeer. Die veranderings is minimaal, maar die effek gróót!

Maak so:

uitrusting een 1Verruil jou sandale vir gemaklike blokhakke. Met ’n elegante halssnoer en treffende palmhandsak is jy reg vir die aand!

blink 2Trek ’n blink top by jou formele broekpak aan om jou werkuitrusting moeiteloos ’n aandvoorkoms te gee. Dra bonkige juwele daarby en jy is reg vir daardie deftige ete.

Wenk Dra ’n sandaal met blink detail. Blink sandale kan óf formeel óf informeel gedra word.

uitrusting 22

Jy kan nooit verkeerd gaan met ’n swart rok nie. Sit helderrooi lippe aan en jy is binne sekondes gereed vir die partytjie. Swart bly maar ’n wenner!

Koop die items hier:

Nou is jy gereed om die stad rooi te verf met jou nuwe uitrusting!

via GIPHY

Mode-intern: Mignon Mostert